- Error
|
16 May 2012
Die SABC 2 Nuusprogram “Fokus” het Global Leadership Academy, Dinsdag 14 Mei besoek.
Die uniekheid van `n “skool in `n winkelsentrum” gepaardgaande met die skool se doel om as Leierskapsakademie leerders te ontwikkel tot hulle volle potensiaal het die regisseurs van SABC 2 baie interessant gevind. Verslaggewer Keith Saysters en kameraman, Gerhard Botes, het die hele dag saam met die personeel en leerders spandeer.
Daar word beplan dat die program oor GLA binne die volgende week of twee uitgesaai gaan word, hou gerus die kassie dop Sondagaande, SABC 2, 18:30.







Op Vrydg, die 4de Mei, het GLA en Woodrigde se muurbal liga spanne kragte gemeet. Sommer met die intree slag kon mens sien dat dit ‘n titaniese stryd sou wees.
Verlede Vrydag, 11 Mei, gedurende die eerste pause by Global Leadership Academy, het die graad 8 leerlinge die kans gekry om hul kreatiwiteit te wys!
Charnè Ferreira van Global Leadership Academy het deurgedring na die Halfeindrondte van die ATKV Redenaarskompetisie.
A Group of our GLA ladies took part in Spar’s “Most Beautiful Race” . Boy did we have fun!


