Principal, Jeffreys Bay

Stefan Kleyn

Hierdie is nie jou tradisionele brief uit die hoofde-pen nie, want Global Leadership Academy is nie ʼn tradisionele skool nie.
 
Die woord “tradisioneel” vorm nie werklik deel van ons woordeskat hier by GLA nie en daarom gebruik ons veel eerder die woord ‘anders’.

Wanneer ek meer deel oor hierdie unieke en innoverende skool, Global Leadership Academy, is dit om u uit te nooi om deel te word van ons GLA-familie..

Die uitnodiging tot familie-wees, roep ons tot ‘n verantwoordbare gemeenskap waar beide die skool, leerders en ouers saam groei.

As familie word ons saamgebind deur een sleutelelement en dit word die beste omskryf deur ons ”HOEKOM”-verklaring:

"Ons is passievol en gedetermineerd om te sien dat elke leerder by GLA hulle God-gegewe potensiaal ontdek en besef."

Hierdeur word elke onderwyser, personeellid en mentor gemotiveer in moeilike en uitdagende tye -  dit word hul anker en rigtingwyser.

Oor die afgelope paar jaar het God dit in ons harte geplaas om ʼn sterk kultuur, gebaseer op leierskap en die ontwikkeling daarvan, te vestig. As bewaarder van hierdie kultuur, herinner ek graag die leerders, ouers en onderwysers aan die volgende slagspreuke wat die kern is van ons uitkyk op onderrig.

“God-Soekende-Leefstyl” - Dit is belangrik dat ons vashou aan die beginsel van ʼn ‘God-gesentreerde lewensstyl’ gevul met die Woord van God, geloof, gebed en die leiding van die Heilige Gees.  
 
“Vorentoe, nie agtertoe nie” – Hierdie gesegde is n sterk motiveerder om op die verlede te bou, sodat ons groter sukses kan behaal.

“Ons is anders” – Deur kreatiwiteit en buite-die-boks-denke, word verseker dat die skool `n leidende en innoverende rol in onderwys speel. Dit het ook tot gevolg dat die standaarde wat ons aan onsself stel, konstant verhoog en die beste moontlik as ons ‘normaal’ wil voorhou.

In Maart 2010, word die volgende profesie oor die skool gedeel:

“For I am going to build something that will be a model, a light set on a hill.  It will be a model for many others to come and look at and draw from.    As they begin to see light shed and changes take place, politicians will come, many people will come from near and far to inquire of you.  You will see the hope I placed within you carried throughout this nation and to other nations around you.   You are at a key place in history. It is a defining moment. You will form leaders, world leaders, and leaders of nations, leaders of cities and towns.     I have called you to raise up apostles, prophets, evangelist, pastors and teachers and in turn they will begin to teach others and bring people into unity.     Don’t take lightly what you are doing on my behalf.  I embrace what you have become and what you have begun. I will finish it.” says the Lord.”

March 2010 - Joe Ewen

Met verloop van tyd, het menige van die stelling reeds tot vervulling gekom.
Ons wil u graag nooi, om as deel van ons gemeenskap, saam met ons op reis te gaan na ʼn beter toekoms.
 
Die visie is geskoei op die ontwikkeling van outentieke Christenleiers wat ʼn impak op die samelewing gaan hê.

As hierdie uitkyk in u hart aanklank vind, heet ons u met ope arms welkom as deel van die familie!

U vennoot in kwaliteitonderrig.

Stefan Kleyn

What Makes us Different?

  • TV Commercials

    Watch Now

  • Travel School

    Brand New Initiative

  • LED

    Leadership - Experience - Discipleship

  • eLearning

    Future Skills

  • School Stereotypes

    Watch Now

    Education is the most powerful weapon which you can use to change the world.

    Nelson Mandela

    Invest in us. It might be the most lucrative return on investment, you will ever see.

        A GCEX Trust Initiative  | We do things differently.We do things differently.