Kunstefees Besoek

Die Kunstefees uit die oog van ‘n kind
Spectacular!  Spectacular!  Dit is nie net die naam van een van die vertonings tydens die Absa Klein Karoo Nasionale Kunstefees (KKNK) nie, dit is ook ‘n opsomming van die belewenis wat die groep leerders van Global Leadership Academy (GLA) gedurende die April-vakansie ervaar het!
Hierdie groep leerders het die geleentheid gehad om die Kunstefees te besoek.  Nie net is die Rivierbuurt platgeloop nie, maar is daar ‘n wye verskeidenheid van vertonings bygewoon.  Van ‘n fisiese teaterstuk ‘Op-en-Top’, ‘n tienertoneelstuk ‘Bos’, ‘n omgewingspesifieke drama ‘Babbel’, ‘n dansteater ‘Spectacular! Spectacular!, tot ‘n klassieke simfonie-orkes met Tobi Cronje as verteller in ‘Karnaval van die diere & Pieter en die wolf’.
Die Handspring Puppet Company het ‘n uitstalling met al hul lewensgrootte handpoppe tydens die Kunstefees gehad.  Die leerders was in ‘n bevoorregte posisie om, saam met leerders van ander skole wat deel was van die program, ‘n spesiale vertoning te kon sien waar ‘n handpop op ‘n humoristiese wyse verduidelik het hoe die handpoppe uit hout gemaak word en die kuns en tegniek agter die beheer van die poppe is gedemonstreer.
Die leerders het ook die geleentheid gekry om werkswinkels, wat aangebied is deur die akteurs en proffesionele dansers, by te woon.  Wat ‘n Spectacular vakansie wat nooit vergeet sal word nie!

Copy_of_KKNKSpectacular!  Spectacular!  Dit is nie net die naam van een van die vertonings tydens die Absa Klein Karoo Nasionale Kunstefees (KKNK) nie, dit is ook ‘n opsomming van die belewenis wat die groep leerders van Global Leadership Academy (GLA) gedurende die April-vakansie ervaar het!

Hierdie groep leerders het die geleentheid gehad om die Kunstefees te besoek.  Nie net is die Rivierbuurt platgeloop nie, maar is daar ‘n wye verskeidenheid van vertonings bygewoon.  Van ‘n fisiese teaterstuk ‘Op-en-Top’, ‘n tienertoneelstuk ‘Bos’, ‘n omgewingspesifieke drama ‘Babbel’, ‘n dansteater ‘Spectacular! Spectacular!, tot ‘n klassieke simfonie-orkes met Tobi Cronje as verteller in ‘Karnaval van die diere & Pieter en die wolf’. Die Handspring Puppet Company het ‘n uitstalling met al hul lewensgrootte handpoppe tydens die Kunstefees gehad.  Die leerders was in ‘n bevoorregte posisie om, saam met leerders van ander skole wat deel was van die program, ‘n spesiale vertoning te kon sien waar ‘n handpop op ‘n humoristiese wyse verduidelik het hoe die handpoppe uit hout gemaak word en die kuns en tegniek agter die beheer van die poppe is gedemonstreer. Die leerders het ook die geleentheid gekry om werkswinkels, wat aangebied is deur die akteurs en proffesionele dansers, by te woon.  Wat ‘n Spectacular vakansie wat nooit vergeet sal word nie!