ATKV Kultuur Avontuur

kaleidoskoop-add2Ontsnap die koue van Jeffreysbaai en geniet ‘n witwarm-vier-jou-kuluur-aandjie saam met Global Leaderhip Academy en die band: Kaleidoskoop.

Die aand bied egter uit meer as net musiek.  Twee ATKV-toneelstukke word deur die leerders  van Global Leadersip Academy aangebied.  Dit is dus 'n aand vol bederf waar leerders bloodstelling kry om saam met professionele kunstenaars soos Kaleidoskoop te werk. Dit is 'n aand waar oud en jonk in die gehoor weggevoer gaan word.

Denzil Jacobs, graad 11 leeder van Global Leadership Academy maak ook sy debuut as regiseur met die toneelstuk “ Die Halwe Toneelstuk”, en Me. Suiyen Smith as is die regiseur van” Binnekant Buite Onderste bo.”

Kaleidoskoop, wenner van die Huisegenoot beste kontemporere allbum 2012, span hul liefde vir Afrikaans en liefde vir goeie, opbouende musiek saam om ‘n vertoning te lewer wat Afrikaans sy pronkvere behoorlik sal laat wys.

“ATKV-Kultuur Avontuur” vind plaas op 2 Augustus 2012 om 19:00 by Deo Doxa plaas.    Kostes beloop  R35 vir kinders leerders,  R40 vir volwassenes en R30 vir Pensionionarisse.  Aandete sal te koop aangebied word.

Die opbrengste van die aand sal aangewend word vir die inskrywings en vervoer van die leerders vir die ATKV-tienettoneelkompetisie wat die daaropvolgende week in Port-Elizabeth plaasvind. Vir meer inligting, kan u vir Adette Bos skakel by 0844998583
  • Created on .

Education is the most powerful weapon which you can use to change the world.

Nelson Mandela

Invest in us. It might be the most lucrative return on investment, you will ever see.

    A GCEX Trust Initiative  | We do things differently.We do things differently.