GLA Sport Dag

GLA Sport Dag
Global Leadership Academy se leerders het verlede Vrydag kragte teen mekaar gemeet gedurende ‘n sport toernooi wat hulle gereël het by die gewilde “Indoor Action Sports Club” op Jeffreysbaai. Leerders het die geleentheid gehad om sport spanne in te skryf vir hokkie, netbal en sokker. Sewe gemengde seuns – en dogter spanne het ingeskryf en daar het selfs ‘n paar onderwysers saam met die leerders spanne vol gemaak en teen mekaar gespeel. Die middag was ‘n reuse sukses! Die kompetisie was sterk onder mekaar en almal het dit baie geniet. Leerders, ouers en vriende het die toernooi kom ondersteun en ‘n lekker atmosfeer het geheers terwyl die spanne teen mekaar meegeding het. Baie dankie aan al die spanne wat deelgeneem het asook al die ondersteuners wat die middag saam met ons geniet het.

GLA_SPORT_Dag_WebGlobal Leadership Academy se leerders het verlede Vrydag kragte teen mekaar gemeet gedurende ‘n sport toernooi wat hulle gereël het by die gewilde “Indoor Action Sports Club” op Jeffreysbaai.

 

 

Leerders het die geleentheid gehad om sport spanne in te skryf vir hokkie, netbal en sokker. Sewe gemengde seuns – en dogter spanne het ingeskryf en daar het selfs ‘n paar onderwysers saam met die leerders spanne vol gemaak en teen mekaar gespeel. Die middag was ‘n reuse sukses! Die kompetisie was sterk onder mekaar en almal het dit baie geniet. Leerders, ouers en vriende het die toernooi kom ondersteun en ‘n lekker atmosfeer het geheers terwyl die spanne teen mekaar meegeding het.

Baie dankie aan al die spanne wat deelgeneem het asook al die ondersteuners wat die middag saam met ons geniet het.

GLA_Sport_Dag