100% Slaagsyfer!

100-persentJeffreysbaai se eerste Hoërskool, Global Leadership Academy, het die besondere prestasie behaal om met sy eerste matriekklas een van slegs 30 skole in die Oos-Kaap te wees wat ‘n 100% slaagsyfer in die afgelope Nasionale Senior  Sertifikaateksamen in 2012 behaal het. Hiermee neem die skool vinnig sy plek onder die topskole in die Oos-Kaap in.

Die 39 matrieks van die skool, wat maar drie jaar oud is, het onder leiding van die bekwame onderwysers almal verras met hul puik uitslae. Charné Ferreira, wat ook een van die 20 finaliste in die Weekend Post se Matric of the Year kompetisie was, het 6 onderskeidings behaal. Vasti Visser en Jamie-Lee Grobler het 4 onderskeidings elk en Dylan Collings 3 onderskeidings behaal. 21 Leerders het matrikulasievrystelling gekry en daar was 47 onderskeidings vir verskillende vakke.

Die jong skool is ‘n leierskapsakademie en is dankbaar vir die manier waarop die matriekklas ook verantwoordelikheid vir hul toekoms geneem het deur hard te werk en deursettingsvermoë aan die dag te lê. Een leerder het na ‘n onderbreking van twee jaar as gevolg van ‘n ernstige ongeluk sy skoolloopbaan suksesvol voltooi en ten spyte daarvan dat hy vanjaar ook die grootste gedeelte van die eerste kwartaal afwesig was  vir ‘n verdere operasie, 2 onderskeidings behaal. Hy gaan volgende jaar Ingenieurswese aan die Universiteit van Stellenbosch studeer.

Die skool is nie net trots op die ooglopende puik uitslae nie, maar ook op al die matrieks wat as oorwinnaars die lewe kan instap om ‘n positiewe verskil in die wêreld te gaan maak. In al die feesviering en vreugde moet alle eer aan die Here gegee word wat die Hoof van die skool is!

(Marietjie Mc Farlane)

  • Created on .

Education is the most powerful weapon which you can use to change the world.

Nelson Mandela

Invest in us. It might be the most lucrative return on investment, you will ever see.

    A GCEX Trust Initiative  | We do things differently.We do things differently.