Krieket Hoogtepunte

GLA Criket Hermano vd WaltTenspyte daarvan dat die eerste deel van die krieket liga feitlik heeltemal uitgereën het, het GLA die laaste twee weke baie goeie krieket gespeel. Hulle het St Dominique Priory en Newton Tech albei gewen.

In die eerste van die twee wedstryde het hulle Newton Tech gespeel in Port Elizabeth en weggestap met die louere. Newton Tech het die manne van GLA ingestuur om te kolf en dié het hul toe goed van hul taak gekwyt deur 103/9 aan te teken in 20 boulbeurte. Die boulaanval is toe geloods en het verwoesting gesaai onder Newton Tech se manne. Dié is almal uitgeboul vir 73. 


Die volgende wedstryd was teen St Dominiques Priory. Hulle was weer gevra om te kolf, en het ‘n totaal van 149/7 in 20 boulbeurte aangeteken. Weereens het die boulers baie goed geboul, die veldwerkers was wakker en so is die manne van St Dominique beperk tot 112/9 in 20 boulbeurte.


Baie geluk GLA met twee goeie oorwinnings.


Foto Bo: Hermano van der Walt teen St Dominique Priory

Foto Onder: Ryan Deacon ook teen St Dominique Priory

GLA Criket Ryan Deacon

  • Created on .

Education is the most powerful weapon which you can use to change the world.

Nelson Mandela

Invest in us. It might be the most lucrative return on investment, you will ever see.

    A GCEX Trust Initiative  | We do things differently.We do things differently.