Vinnige Visse van GLA

Gala 1Die afgelope naweek het drie swemmers van Global Leadership Academy die skool verteenwoordig by die Oostelike Provinsie se TOP 8 Swem Gala in Port Elizabeth. Die provinsie se top swemmers het van oral oor bymekaar gekom en kragte gemeet by hierdie finale rondte van die B-Liga, skole kompetisie.

 

 

Die drie GLA manne het hulle baie goed van hulle taak gekwyt. Twee manne, Jesse Viljoen en Déan Ras het onderskeidelik met goue medaljes weggestap. Jesse het eerste plek behaal in die Borslag seuns o/17 item en Déan in Rugslag, seuns o/17 en ouer.

Benjamin Van Rensburg het deelgeneem aan die Vryslag seuns 0/17 en ouer item, en vierde plek behaal. Baie geluk aan hierdie drie manne wat hulle harte uitgeswem het en die skool se naam hoog hou.

Gala 2Jesse Viljoen Swem

 

  • Created on .

Education is the most powerful weapon which you can use to change the world.

Nelson Mandela

Invest in us. It might be the most lucrative return on investment, you will ever see.

    A GCEX Trust Initiative  | We do things differently.We do things differently.