GLA Hokkie Nuus

Hokkie SmallGlobal Leadership Academy se ‘Action Indoor’ hokkiespan is voorwaar ‘n span om op trots te wees. Die skool se span, beter bekend as die “GLA Girls”, speel al vir ongeveer ‘n jaar hokkie by die J’Bay Action Sports Arena op Jeffreysbaai en het reeds twee seisoene agter die rug waar hulle in die plaaslike liga deelneem en kompeteer teen ander plaaslike spanne.

GLA se span, bestaande uit drie graad 10 leerders en een matriek leerder kompeteer meestal teen veel ouer en gesoute hokkie spelers, maar ervaring en ouderdom laat hulle vir geen oomblik terug staan nie. Inteendeel – na die eerste seisoen het hulle die geesbeker ontvang vir die span met die meeste wilskrag en entoesiasme en aan die einde van die tweede seisoen het hulle weggestap, elkeen met ‘n medalje in die hand, as wenners van hulle poel in die uitklop rondtes – iets om voorwaar op trots te wees.

(Foto Onder: Megan Lilley in pers voor)

Hokkie Megan

Die span is huidiglik besig om mee te ding in die derde seisoen en die kompetisie is sterk!

(Foto Onder: Mignon Venter in pers heel regs)

Hokkie Mignon

Hokkie Tylie

(Foto bo: Tylie Fleischer in pers heel links)

  • Created on .

Education is the most powerful weapon which you can use to change the world.

Nelson Mandela

Invest in us. It might be the most lucrative return on investment, you will ever see.

    A GCEX Trust Initiative  | We do things differently.We do things differently.