Windplaas Kompetisie

windplaasEinde verlede jaar het die windplaas ‘n opstelkompetisie geloods waarin leerders van omliggende skole uitgenooi is om opstelle te skryf oor die windturbines in Jeffreysbaai.  

Drie van Global Leadership Academy se leerders (Amy de Raedt, Rianè Kemp en Megan Lilley) is uitgenooi na hul prysuitdelingsgeleentheid by die windplaas.   Rianè Kemp (graad 10) en Megan Lilley (graad 11) was elk die wenners in hul onderskeie grade en het met ‘n aansienlike bedrag prysgeld weggestap.  Welgedaan aan hierdie leerders.