Rugby trek nuwe leerders

GLA Rugby TeamDie onder 15 span, afgerig deur Mnr Charl Botha en Mnr Hanno Janse van Rensburg het reeds 3 van hulle 5 wedstryde hierdie jaar gewen, met spog uitslae teen skole soos PW Botha en Otto du Plessis. Die uitslae is as volg:
GLA        10 – 12  Paul Sauer Hoërskool
GLA        14 – 0    Knysna Hoërskool
GLA        29 – 7    Otto du Plessis Hoërskool
GLA        0 – 10    Mclaghlan Hoërskool

Tyrelle Hoskins, kaptein van die onder 15A span sê dat hy en die spelers uitsien na die volgende helfte van die seisoen en dat dit hoogtyd is dat GLA se Rugby ook nou voornemende studente begin trek.

In 2015 is die onder 15 span, geborg deur Spar- Jeffreysbaai, vir die eerste keer in die Oos Kaap Hoërskole Rugby-Liga ingeskryf en het die jong manne vinnig geleer om teen groter skole te kompeteer.

Vyf van GLA se spelers is ook onlangs ingesluit in die Kouga Streekspan.