Krieketspan Wen Wen Wen!

Krieket-O-19thumbGlobal Leadership Academy se krieket het uitstekend gevaar in hulle ligawedstryde wat deur die loop van die kwartaal gespeel is.  In die O/15 B-liga het hulle vyf wedstryde gespeel, waarvan hulle vier gewen het.  Dit het ‘n wedstryd ingesluit waar hulle ‘n naelbyt oorwinning met een paaltjie gehad het en sodoende ook uitstekende karakter en sportmangees getoon het.  In hierdie junior liga was Dean Rohrbeck en Lanroe Rens die top kolwers met ‘n totaal van 154 en 148 lopies onderskeidelik.  Giovanni Campher het 9 paaltjies in sy vyf wedstryde geneem, terwyl Dean Rohrbeck en Thato Vollenhoven elk 8 paaltjies laat kantel het.

In die O/19 B-liga het die GLA span drie wedstryde gespeel en twee gewen is.  Die top kolwer in hierdie drie wedstryde was Ruben Oosthuizen met ‘n lopietelling van 102.  P.G. Nagel was die top bouler met 6 paaltjies.

  • Created on .

Education is the most powerful weapon which you can use to change the world.

Nelson Mandela

Invest in us. It might be the most lucrative return on investment, you will ever see.

    A GCEX Trust Initiative  | We do things differently.We do things differently.