GLA-diators!!

first-dayMet die skool wat op 11 Januarie vir die jaar heropen het, het Global Leadership Academy net weereens getoon dat gees nie ontbreek nie.  Die GLA-diators (die personeel) het die atletiekveld met 'n optog betree, terwyl leerders en ouers in afwagting gesit het om te sien hoe die skooljaar afgeskop sal word.  Met die feit dat dit die eerste jaar is wat GLA op hul nuwe eko-kampus begin, was dit dan net gepas dat hulle ook hul eerste wedloop op die nuwe sportveld afgelê het. 'n Aflos het plaasgevind waarin die aflosstokkie van onderwysers na leerders na ouers en weereens na onderwysers oorgegee is en daarmee het die wedloop van die nuwe skooljaar begin.