Die hele skool gaan Kamp!

schoolcampIn egte Global Leadership Academy styl, was dit weer tyd om die jaarlikse skoolkamp aan te pak.  Gedurende 20-22 Januarie het al die leerders, onderwysers en administratiewe personeel in drie verskillende kleurgroepe gaan kamp.  Die rooi-, geel- en oranjespanne het onderskeidelik by Geelkrans, Brakkenduine, en Oesterbaai gaan kamp.  Hierdie kamp is ‘n geleentheid om mekaar beter te leer ken en goeie verhoudings wat eenheid bevorder te bou, wat dan aansluit by die skool se fokus op mentorskap en verhoudings-opvoeding.  Die verskillende kampe word deur die onderwysers self gereël en sluit speletjies, spanbouaktiwiteite en geestelike sessies in.

  • Created on .

Education is the most powerful weapon which you can use to change the world.

Nelson Mandela

Invest in us. It might be the most lucrative return on investment, you will ever see.

    A GCEX Trust Initiative  | We do things differently.We do things differently.