GLA wen teen Brandwag!

Lanroe-Rens-ThumbGLA het in skitterende wyse op Maandag, 6 Februarie teen Die Hoërskool Brandwag van Uitenhage gewen.

Die onder 15 Krieketspan het onder moeilike kolftoestande hulle staal gewys en die teiken van 93 lopies in die 13 boulbeurt bereik met nog 5 paaltjies staande.

Lanroe Rens was die beste kolwer met 55 lopies nie uit nie, en Wynand van Rensburg die beste bouler met 5 paaltjies vir slegs 5 lopies afgestaan.