Uit Eie Geledere

Rone en Esther McFarlaneRoné en Esther Mc Farlane, tweelingdogters van Dr Mc Farlane van die NMMU en mev Mc Farlane, hoof van Global Leadership Academy in Jeffreysbaai, het nie net 2de en 10de in die Oos-Kaap in hul matriekjaar geëindig nie, maar het ook nou die merkwaardige prestasie behaal om albei verkies te word op die Studenteraad van die Universiteit van Stellenbosch.
Hierdie veelsydige tweeling het 'n bedrywige lewe en het reeds in hul tweede jaar 'n uitreik van Global Challenge Expeditions na Lesotho, Swaziland en Mosambiek gelei. Hulle was albei op hul onderskeie koshuise se eerste- en tweedejaarskomitees en vanjaar op hul huiskomitees.

Hulle was deel van die universiteitskoor wat so pas die Wêreldkoorfeeskompetisie in Sjina gewen het en is albei sedert 2009 lede van die gesogte Golden Key vir studente wat uitstaande akademiese prestasies lewer.
Roné het in matriek die nasionale ATKV-redenaarskompetisie gewen, was onderhoofdogter, redakteur vanRone_en_Esther die skooltydskrif en op die VCSV-bestuur. Esther was op die leerlingraad, voorsitter van die VCSV-tak en sub-redakteur van die skooltydskrif. Hulle was ook kranige sportliefhebbers wat in die eerste hokkiespan en tennisspan gespeel het en tot by die OP-skole byeenkoms in atletiek gevorder het. Hulle het verskeie toekennings vir toneelspel en regie verwerf. Esther en Roné het die Port Elizabeth Burgermeesterstoekenning vir uitstaande matriekleerders in 2007 gedeel. Die twee is ook kranige skuba-duikers, bergklimmers, en leer nou ook branderplank ry. Beide beskou hulle talente as gawes van Bo waaroor nie gespog moet word nie, maar waarmee gewoeker moet word.

“GLA is voorwaar trots om Mev McFarlane as skoolhoof en Dr McFarlane as hoof van akademiese sake te h ê ! Ons wens hulle albei geluk met hulle twee pragtige kinders se prestasies.”