Flip A Coin

Flip A Coin LIVEGlobal Leadership Academy bied aan:

Flip a Coin In Jeffreysbaai met nuwe album Rissikstraat 95
A Capella uit die boonste rakke

Vrydagaand 17 September 2010 om 19h00
AGS Deo Doxa, Jeffreysbaai.

Kaartjies beskikbaar by die skool, JBay Campworld of Winners - Fountains Maill. Heerlike kos sal te koop aangebied word!


Flip a Coin het besluit om hulle aanhangers te gee waarvoor hulle gevra het - meer oorspronklike liedjies.  5 van die 7 oorspronklike liedjies op hulle CD, Rissikstraat 95, is geskryf deur Johan Venter, ‘n lid van Flip a Coin.  Stefan Pretorius en Katlego Maboe, ook lede, is verantwoordelik vir die skryf van 1 van die liedjies.  Die groep is veral opgewonde omdat Dewald Wasserfall van Wasserfall faam ingestem het om vir hulle een liedjie te skryf, naamlik Hey Jy.Flip A Coin - RissikStraat

Die cd bevat iets vir almal se musieksmaak en dit wissel van ou gunstelinge soos What a Wonderful World, oorspronklik deur Neil Armstrong gesing, Jannie du Toit se Liedjie vir jou, na ‘n interessante en vars verwerking van Weeping wat onlangs ook deur Josh Groban gesing is.  

Die groep aantreklike manne gaan Jeffreysbaai aan die praat hê met Rissikstraat 95 op Vrydag 17 September 2010 om 19h00 by AGS Deo Doxa en weereens bewys hoekom hulle as een van ons voorste a-capella groepe gereken word.