Vinniger, Hoër, Sterker

Nathan Cranko vs. Sylvano Douglas in die 4x100m aflosOp woensdag, 2 Februarie, was dit ‘n slagveld by die NMMU se atletiekbaan toe die 4 graadgroepe van Global Leadership Academy (GLA) teen mekaar kompeteer het vir die titels van vinnigste, hoogste en sterkste.  Hierdie is die tweede atletiekdag van sy soort wat deur GLA aangebied is en net soos verlede jaar, was die dag ‘n rasende sukses gewees.

Vasti Visser bou gees vir die Red BullsGraadgroepe het teen mekaar deelgeneem op ‘n puntestelsel, waar punte toegeken is vir deelname aan ‘n item.  Bonuspunte is verder toegeken vir die breek van ‘n rekord.  Die graad 11’s het met die louere weggestap en pronk met die prys as beste graadgroep in die sportsafdeling met die graad 8’s kort op hul hakke in ‘n welverdiende tweede plek.

Atletiekdae soos hierdie gaan egter oor baie meer as net die atletiek.  Dit gaan oor die gees, die sing, die hamburgers by die snoepie, die sonbrand en die bou van ryk tradisies.  Die graad 11’s en graad 10’s deel die prys vir die spanne met die beste gees by die byeenkoms. Rhys Pegram gooi die diskus vir die Blou Span!

Volgens mej. Celeste van Es en Mnr Paul du Plessis, onganiseerders van die atletiekdag, is al die personeel by GLA baie trots op die prestasies wat behaal is deur die leerlinge in die onderskeie items en veral op al die rekords wat gebreek is.  “Ons wil baie dankie sê vir ons Hemelse Vader dat die dag so groot sukses was.  Ons sou verder ook nie ‘n dag soos hierdie kon hou sonder die volgehoue ondersteuning van die ouers van die leerlinge en die gemeenskap nie.”