GLA versterk gesinsbande by Putt-Putt aand

Fun with family and friends!!Die laaste dag van Februarie was gekenmerk deur ‘n “eerste” vir die Global Leadership Academy (GLA): ‘n gesinspretaand by die Dolphin Beach Entertainment-sentrum op Jeffreysbaai. 

Global Challengers, GLA teachers and students all participated in the fun...

Vanaf 17:00 het die ouers, leerlinge en ander familielede begin opdaag, vele vars vanaf werk of buitemuurse aktiwiteite.  Die dag se spanning het egter gou begin vervaag soos gesinne die 18 putjies aangedurf het.  Alhoewel die talent en tegniek wyd verskil het, was die pret ewe groot.  Baie het erken dat dit die eerste keer in jare was, wat hul putt-putt speel en vergeet het hoe genotvol dit eintlik is.

Gesinne het saam van putjie tot putjie beweeg en gekyk watter familielid die beste vermoëns (ofdie  meeste geluk!) het.  Baie ouers kon hul kinders ‘n les of twee leer, maar soms moes ‘n pa maar hard sluk aan sy ego.  Die belangrikste was egter dat die gesinne kwaliteit tyd saam met mekaar kon deurbring en vir ‘n slag lekker saam kon lag.

This was only the beginning...Soos wat die tellingblaadjies vol geraak het, is piekniekmandjies oopgemaak en was daar lekker saam gekuier oor eetgoed op die lieflike somersaand.  GLA beoog om gereelde gesinsaksies te hou om gesinsbande te versterk en ‘n gesellige atmosfeer tussen die gesinne en die skool te vestig.

  • Created on .

Education is the most powerful weapon which you can use to change the world.

Nelson Mandela

Invest in us. It might be the most lucrative return on investment, you will ever see.

    A GCEX Trust Initiative  | We do things differently.We do things differently.