GLA se eertse swemgala!

Thalita Gerber (Graad 11) 25m VlinderslagOp Saterdag, 5 Maart, het die water lettterlik gespat toe Global Leadership Academy (GLA) hul eerste swemgala gehad het.  Die geleentheid is gehou by die Hoërskool Nico Malan se swembad in Humansdorp.

Jeidré Felix (Graad 9) 25m KruipslagSwemmers het teen mekaar mee geding in die vlinder-, kruip-, bors- en rugslag.  Selfs studente wat gevoel het dat hulle nie juis kan swem nie, is die geleentheid gebied om aan die gala deel te neem.  Danksy die gala se borge is daar groot pryse aan studente gegee, onder andere gratis koffie by Global Junction in die Fountains Mall en gratis gym-sessies by Training Edge.

Keith Doble was as die beste seunsswemmer en Melissa Vermaas die beste dogtersswemmer aangewys.  Benjamin Jansen van Rensburg het die toekenning gekry vir die beste opkomende swemmer.  

Die swemseisoen eindig egter nie vir Amber van Wyk nie.  Amber is 'n graad 10 leerder wat genooi is om Saterdaag aan die Top 8-gala in Port Elizabeth te gaan deelneem.