GLA verf die KAAP rooi!

Global Leadership Academy Visits Virgin ActiveDie afgelope vakansie het Global Leadership Academy (GLA) `n sporttoer na Kaapstad onderneem.   Sestien seuns en sestien meisies is gekies om die toer mee te maak waar hulle aan rugby (7’s), krieket, sokker, netbal en hokkie deelgeneem het.

Tydens die krieket wedstryd het Maclachlan met die lowere weg gestap. Wat die rugby teen De Villiers-Graaf, en Grabouw aanbetref, het sommige seuns vir die eerste  keer rugby gespeel en daar het hulle gewys dat hulle waarlik manne van staal is. Alhoewel hulle albei wedstryde verloor het, het hulle tot die einde toe volhard.  Die meisies het die skool se naam in ere herstel met ‘n uitstekende hokkiewedstryd teen De Villiers-Graaf wat 2-0 gewen is. Ook by die netbal moes Hoërskool Grabouw tevrede wees met ‘n tweede plek.

Die toer het egter nie net uit sport bestaan nie.  Daar is besoek afgelê aan Alta du Toit skool vir gestremdes.  Daar het die kinders besef dat daar ‘n wêreld buite hul raamwerk is.  ‘n Wêreld waar kinders nie so bevoorreg is om rond te kan hardloop soos hulle nie.  Hulle het beleef hoe iets wat vir ons outomaties is, soos om ‘n toebroodjie te maak, vir die kinders in Alta duToit iets is wat hulle elke dag van voor af geleer moet word.  Die kinders was so bevoorreg om drie sportsoorte wat spesiaal vir die gestremdes ontwikkel is, aan te leer en te beoefen.

GLA and Virgin_Active

Die toer is in Kaapstad op ‘n hoogtepunt afgesluit nadat Tafelberg trap vir trap uitgeklim is en die Anaconda by Ratanga Junction ‘n paar keer die rondte moes ry.  Nelson Mandela het nuwe respek gekry tydens die uitstappie na Robben Eiland en ‘n defnitiewe hoogtepunt was die besoek aan die HILLSONG kerk in Belville.

Baie dankie aan Swinni & Sons vir hul uitstekende vervoerdiens en vriendelike bestuurders. Dankie aan almal wat die leerders ondersteun het om die toer moontlik te kon maak. Spesiale dank aan Spar-Jeffreys Baai en BP in DA Gamma Weg vir hul groot bydrae.

  • Created on .

Education is the most powerful weapon which you can use to change the world.

Nelson Mandela

Invest in us. It might be the most lucrative return on investment, you will ever see.

    A GCEX Trust Initiative  | We do things differently.We do things differently.