GLA se eerste rugby wedstryd

Rugby Bo!!Global Leadership Academy (GLA) het laasjaar hul deure oopgemaak as Jeffreysbaai se eerste hoërskool en het van die begin af hul skoene volgestaan op die sportveld.  Dié skool het sy eerste voorsmakie gekry van ’n volwaardige 7’s rugby wedstryd op Dinsdag 24 Mei teen Hoërskool DF Malherbe en St. Dominiques in Port Elizabeth.

GLA se o/15’s span en eerste span het elk onderskeidelik 2 wedstryde gespeel.  Al het die o/15’s albei wedstryde verloor was die gees op die sportveld baie goed gewees.  Volgens Mnr. Paul du Plessis, rugby afrigter en sport koördineerder van GLA, het DF Malherbe hulle baie gehelp deur hul 15 speler span op te breek in 7’s om teen GLA te kan speel.  Die eerste span het 21-5 teen DF verloor, maar die laaste wedstryd teen St. Dominiques het GLA hul eerste sege beklink met ‘n 21-17 oorwinning!
 
GLA wil baie dankie sê aand beide Hoërskool DF Malherbe en St. Dominiques vir die vriendskapsbande wat gebou kon word op die rugbyveld

Die GLA Eerstespan

GLA Eerstespan

Voor van links na regs: Benjamin Janse van Rensburg (graad 10), Wouter Kooijman (graad 11), Lawden van Niekerk (graad 11), Ruben Calitz (graad 10) en Llewellyn Plaatjies (graad 10)
Agter van links na regs: Mnr. Johan Oosthuizen (Afrigter), Xanavan Dennis (graad11), Daniel Jeggels (graad 10), Mlulami Miggels (graad 11), Enzio Pellman (graad 10), Remano Prinsloo (graad 9) en Mnr. Paul du Plessis (Afrigter en GLA sport koördineerder)

Die GLA o/15 Span

GLA o/15 Span

 Voor van links na regs:  Dylan Bester (graad 8), Willie Nagel (graad 8), Jeidre Felix (graad 9), Johan van Dyk (graad 9), Chris Kooijman (graad9)
Agter van links na regs:  Mnr. Johan Oosthuizen (Afrigter), Keith Doble, Polla Kruger, Jesse Visser (graad9), Eugene Steenkamp (graad 8) , Mnr. Paul du Plessis (Afrigter en GLA sport koördineerder)

  • Created on .

Education is the most powerful weapon which you can use to change the world.

Nelson Mandela

Invest in us. It might be the most lucrative return on investment, you will ever see.

    A GCEX Trust Initiative  | We do things differently.We do things differently.