Drie leerders onder Top 20

OlimpiadeVir `n skool van net 167 leerders is dit omtrent `n prestasie wanneer drie leerders plekke onder die Top 20 behaal in die onlangse ATKV Senior Afrikaanse Olimpiade – Oos Kaap.
OlimpiadeGlobal Leadership Academy het altesaam 18 leerders ingeskryf vir die ATKV Senior Afrikaanse Olimpiade.  In die Huistaal afdeling, behaal Charné Ferreira (graad 11)  ‘n sesde posisie in die Oos-Kaap en Alouise du Preez (graad 11) ‘n agtiende posisie.  
Vasti Visser, ook ‘n graad 11 leerder, het ingeskryf vir die Addisionele Taal afdeling waar sy ‘n dertiende posisie in die provinsie behaal het.  
Ons is met reg trots op hierdie drie dames. Baie geluk!
  • Created on .

Education is the most powerful weapon which you can use to change the world.

Nelson Mandela

Invest in us. It might be the most lucrative return on investment, you will ever see.

    A GCEX Trust Initiative  | We do things differently.We do things differently.